“As ek eendag ophou droom”

Lirieke

AS EK EENDAG OPHOU DROOM          Martiens Joubert

As ek eendag ophou droom en ek wil nie langer wag nie,

moet jy my vir oulaas saamvat na die kamers van jou hart

want ‘n lewe sonder rede is ‘n lewe sonder vrede

en by jou sal ek rus vind, as my gees alleen wil gaan.

Van net een ding is ek seker, almal drink uit daardie beker

want uit stof is ek hier en tot stof sal ek vergaan.

Daar is nie tyd vir mors nie, ek is nog glad nie dors nie,

nou volg ek daardie lig, wat my toekoms sal bepaal.

 

As ek eendag ophou droom en ek wil nie langer wag nie

moet jy my vir oulaas saamvat na die bosveld van my hart,

waar die bospatrysie roep na ‘n mater lank verlore,

waar die koedoebul met trots op die horison gaan staan.

Net die veld en die vrede gee my rus uit die verlede

en die rook van ‘n kampvuur is die asem van my siel.

As ek ook eendag stil word, wil ek na die bosveld luister

waar ‘n jakkals se tjank soos musiek klink in my oor!

 

As ek eendag ophou droom en ek wil nie langer wag nie

moet jy my vir oulaas saamvat na die strande van my hart.

Op ‘n rots wil ek gaan sit en na klotsend branders luister,

vir die seemeeu wil ek kyk, wat in  windstrome baljaar.

Dis die water se blou, wat my weer laat dink aan jou,

en ons drome van ‘n huisie op ‘n rots by Heroldsbaai.

As ek ook eendag stil word, gaan strooi my waar ek deel word,

van die winde en die branders wat vir ewig sal bestaan.

 

As ek eendag ophou droom en ek wil nie langer wag nie,

moet jy my vir oulaas saamvat na die kamers van jou hart.

Want ‘n lewe sonder rede is ‘n lewe sonder vrede,

en by jou sal ek rus vind as my gees alleen wil gaan.


 BELLA                   Martiens  Joubert

Bella onthou jy nog toe ons kinders was

soos sardyntjies almal in ons karretjie gepas

Swaarkry was ongekent ons was bymekaar gewees

Saam gestaan en niks gevrees….

 

Onthou jy op die draadloos eers Staal Burger moes hoor

Voor ons self die stryd teen Klaasvakie verloor

Bella en die plaaspad saam kaskar gery

jy’t altyd gesê jy sal by my bly….?

 

CHORUS

Hierdie briefie  gaan ek langs die ketel los

sal jy asseblief dit vir my more oggend pos?

Plak tog net ‘n seël op want dit gaan tot by Grabouw

Sien jou eendag weer onthou, eks baie lief vir jou.

 

Bella my ouma het vir my eenkeer gesê

die lewe is maar hard jy moet nooit net  nie gaan lê nie.

sy sê die ou dae had sy lief en ook sy leed,

haar sussie se dood wou sy bitter graag vergeet!

 

Bella my Ma en Pa word albei so grys

en in die nuwe huis voel ek glad nie so tuis

het jy ooit gedink ons paaie sou skei?

ons was altyd saam, ek en jy! …Chorus.….


BOSVARKJAG               Martiens Joubert

Verlede winter naby Bakkerspas

Toe ek en my pel wou gaan bosvark jag

Van so iets het ek niks geweet,

maar die ervaring sal ek nooit vergeet.

 

Ou Piet het ‘n pyl en boog daar aangebring

en vir my vertel hoe kwaai skiet die ding

Maar dit sal ek nooit weer probeer,

ek sit in ‘n boom ,my broek geskeur!!

 

KOOR

As jy bosvarkjag moet jy stil kan sit

raak kan  skiet , hardop kan bid

as daai beer jou in ‘n hoek vaskeer

sê ek net:” totsiens meneer!”

As hy nader kom en soos ‘n maer vark skree

moet jy lyn kan sny, moet jy alles gee…

Ja bosvarkjag moet jy stil kan sit

raak kan skiet en hardop kan bid

 

Min het ek geweet, nooit vir my vertel

‘n Bosvarkie is nie jou pel

Met tande soos messe en ‘n hart van ‘n leeu

kan hy jou maklik soos ‘n baba laat skreeu

 

In ‘n skuilinkie van takke gebou

het ons hom ingewag en winegums gekou

Teen middernag het hy daar aangekom

ek kon sweer, die ding, weeg ‘n ton……!

 

KOOR….

 

Ou Piet het bewerig die boog oorgehaal

ek kannie glo ons het hiervoor betaal

hoe kry jy ‘n pyl in die ding se lyf,

waar is my oom se .375?

Die pyl is “release” en die vark is getref

Ou Piet het gehardloop en ek het besef….

Bosvark gaan die een wat agter is vang

‘n Pyl maak net kwaad en glad nie bang!!

 

KOOR …………fine


BOSVELDMEISIE       Martiens Joubert

Elkeen van ons is op ‘n lewenspad

Elkeen van ons moet sy eie koers vat

As jy vandag in ‘n bal kon kyk

Waar dink jy spoeg die vis jou uit

Sal ek ooit weer liefde kan vind

Ek en jy was nog albei kind

‘n Boks vol briewe vir jou geskryf

ek mis jou soene en jou warm lyf

 

KOOR

My bosveldmeisie wat doen jy vanaand

Waar was jy ……. gisteraand

Sorgelose lepel lê totdat die son ons môre sê

Onder daai hardekool, langs ‘n vuur wat gool.

 

Altyd ek en jy by die Riverside,

gekyk en geterg maar nooit gefight.

By jou pa het jy ‘n tjor gekry,

Jy is hier weg met my rugbytrui…….

Die stad se geraas was nog nooit vir jou,

‘n Piekniek in die parkie het jy van gehou,

of sommer net vir ‘n naweek wegbreek

‘n tent gelaai en van als vergeet

 

KOOR………………

 

Nog net een keer ‘n Wimpy koffie kry

Nog net een keer by die inry vry

Nog net een keer weer jou boeke dra

of met OBS laat die aand jou true love vra….

 

KOOR………………fine


LANGEBAAN                             Martiens Joubert

As ek vir jou rympies skryf of as ek sing,

kan jy vir die melkweg vra ek sal dit bring.

ek’s malverlief ,stapelgek jy kan met my toor

want hierdie ou ,het sy hart verloor!

As jy met my grappies maak en as jy lag,

sal ek vir jou ogies maak jy maak my dag.

Daar waar die son en maan nou ondergaan,

bokkie ek, sal daar by jou staan!

 

Chorus:

Kom vat my hand dan vra ons jou Pa,

jou boetie en jou sussie en ook jou Ma!

my hart kan nie langer so aangaan,

ek het ‘n huisie vir my meisie ,by Langebaan!

 

Miskien moet ons net eers al jou tasse pak,

daar’s plek op die sitplek en die kattebak.

‘n Huisie by die see wil ek vir jou gee en daar is plek,

net vir ons twee!

 

Chorus:

Kom vat my hand dan vra ons jou Pa,

jou boetie en jou sussie en ook jou Ma!

my hart kan nie langer so aangaan,

ek het ‘n huisie vir my meisie ,by Langebaan!

 

As ek vir jou rympies skryf of as ek sing,

kan jy vir die melkweg vra ek sal dit bring.

ek’s malverlief ,stapelgek jy kan met my toor

want hierdie ou ,het sy  hart verloor!

As jy met my grappies maak en as jy lag,

sal ek vir jou ogies maak jy maak my dag.

Daar waar die son en maan nou ondergaan,

bokkie ek,  sal daar by jou staan!


LIEWE MA                              Martiens Joubert  

Liewe Ma hoe gaan dit nou?

Die herfs is hier ,die nagte word nou koud.

Die swaeltjies wil nou trek , opsoek na son en kos ,

Hul gaan hul nessies net so agter los.

Liewe Ma waar was die reën,

Die jaar was droeër as enig ander een.

Die blare val al klaar , en die bosveldgras word vaal ,

En daar’s bokspoortjies wat wei by Ma se graf.

 

Chorus

Maar dis moeilik om te glo, Ma kyk vir ons van bo,

En so moeilik sonder haar ,want sy was altyd daar.

En al kry my hart so seer,weet ek sy is by U Heer,

En sy sal bly leef, in my kind se gees.

 

Liewe Ma, hoe gaan dit nou?

Ek hoor die Engele sing nou saam met jou .

Ek hoor die kinders daar , die lag en speel om Ma,

geen trane of geen seer sal jul daar pla!

Liewe Ma,ek is so bly , dat Jesus my hand vashou en my lei,

Om iemand te verloor ,los op jou hart ʼn spoor,

van pyn en van verlange oor en oor!

 

Chorus…

 

Liewe Ma, hoe gaan dit nou?

Ek kry nog vreeslik swaar so sonder jou .

die kleingoed wil ook weet,gaan Ouma hul vergeet,

of gaan ons eendag daar by haar kan wees .

Ja gaan ons eendag daar by haar kan wees .


PROTEA               Martiens Joubert

Ek’s  ‘n Safa boytjie oppie pawiljoen,

het ‘n bat en ‘n ball  en my gesig is groen.

I got sunscreen  for  the  cricketgame,

my protea hat and a springbok trui.

 

Met die bat  gaan ons die ander wys,

As AB kolf kry ek hoendervleis.

Dale Steyn laat die paaltjies waai…

Daars ‘n gees op die pavvi en ek laaik dit kwaai!

 

There’s a move I wanna teach you all,

We must stand together as die manne jol.

You must bend your back, like the wickey does,

Then you wiggle and you waggle and you show who’s boss!!

 

OLE OLE OLE………

 

Mr Koel komkommer is at the crease,

Met Amla en de Kock is die game ‘n breeze!

En as almal net soos Vernon boul,

Then you’ll see the guys play with heart and soul!!

 

With the talent in our cricket team, we should win every game

and our worldcup dream!

The boys should know we believe  they can, hit a six for every fan!

 

There’s a move I wanna teach you all,

We must stand together as die manne jol.

You must bend your back, like the wickey does,

Then you wiggle and you waggle and you show who’s boss!!

 

OLE OLE OLE………


SOVEEL KEER                       Martiens Joubert

Soveel keer dan wonder ek ,wat het ek gedoen?

Soveel keer dan wonder ek,kan dit regkom met n soen?

Soveel keer dan wonder ek ,hoe jy daarna kyk?

As jou wêreld krom trek, gaan jy my dan verwyt?

Soveel keer dan wonder ek, hoe kan ek jou vertel?

Ek nagte om gehuil het, en jou net weer wou bel.

Soveel keer dan wonder ek,indien ek kans sou kry,

Sal ek als netso oordoen, of sommer net hier bly!?

 

CHORUS

Solank jy glo in liefde,is daar vir ons nog hoop,

want die gevoel hier in my,kan jy nie met geld koop.

Ons spore is tog agter, ons kan nou weer probeer!

Vergeet nou die verlede, ons lewe net een keer!!

 

Soveel keer dan wonder ek,wat doen jy vandag?

Soveel keer dan wonder ek, of jy weet jou oê is sag.

Soveel keer dan wonder ek,was jy daar gewees?

Die plekkie in ons harte,wat net ond twee van weet!

 

CHORUS……

Soveel keer dan wonder ek, is dit dan te laat?

Soveel keer dan wonder ek , sal jy luister as ek praat!

Soveel keer dan wonder ek, moes dit als gebeur?

Die lekker en die seerkry, moes ek daaruit iets leer?!


SPRINGBOKLIED                            Martiens Joubert

Daar’s ʼn bok in die suide,hy’t opgestaan

vanaf Tafelberg kom sy spore aan.

Hy draf oor die velde van die Klein Karoo,

Verby Bloem tot by die Molopo!

Uit die ooste waar die winde waai

en by Shaka maak hy ook ‘n draai..

Tot in Bloubulland langs ‘n leeu wat grom

Staan ‘n nasie saam want die Bokke kom!!

 

Chorus

My springbok span , my springbok span

In die springbok trui sal jy my kry.

United we shall stand so tall

And as one we’ll  fight  when the bokke call.

 

Yes the day  will come for my springbokteam

To lead the nation, to build a dream.

So every  boy and girl will shout

For the bokke that will make us  proud.

From the east and from the west

From the north and south, we’ll try our best.

To fight as one in every game,

and show no fear and show no pain!!

 

Chorus…

 

Dekades en jare het verby gegaan

Legendes en helde het die weg gebaan.

Om ʼn trots te skep wat my kind moet leer,

want om deel te wees is ʼn grote eer.

Ja dit kan jy nooit by my vat ,

want dis ingeprent in my springbokhart.

To fight as one in every game,

and show no fear and show no pain!!


VAARWEL            Martiens Joubert 

So skielik was U hier by my , my hand gevat en weggelei

Kan hul nie sien die vlees is so stil ?

Kan hul nie sien ek’s nie meer by hul?

Ek gaan na U huis , dis so mooi hier bo,

net liefde en vrede, dit moet hul glo

maar die hartseer, spyt wat nou agter bly

Gee ʼn traan in my oog, want hul’s lief vir my!

 

Chorus

Los my hand ,ek wil gou teruggaan

om te troos en vas te hou.

Die wat vir my bedoel was

op my pad van toe tot nou.

Al die hartseer en die trane

dit is nie wat ek wil hê!

Met n glimlag sê ek vaarwel…

kom groet my  waar ek lê.

 

Ag gee my net nóg een dag ,jul kan net hier vir my wag,

dat ek vir hul koebaai kan sê,en vir oulaas almal saam kan hê.

ʼn Sondag net weer saam kan wees, met skaapboud soos ‘n bruilofsfees

en sago-poeding na die tyd ,koffie om dit af te sluit!

 

Chorus…

Ag gee my net nóg een dag , jul kan net hier vir my wag,

dat ek al my kinders weer kan groet,en styf vashou, hul is my bloed…

Dan wil ek hul dankie sê, die lewe saam wat ons kon hê

was so vol liefde en soms leed, die hartseer het ek klaar vergeet!


VAT JOU GOED EN TREK           Martiens Joubert

Is jy geboor met trekkersbloed,en word jy so aanvaar?

Indien dit om jou warm word,roep die wapad ook jou naam?

Eers was ons in Europa ja ,met kaas en Franse wyn,

en toe die koppe begin rol,was die skippie net te klein

 

Die kaaskop en die Hugenoot het voet aan wal gesit,

en alles het so goed gegaan maar toe kom daar ‘n Brit

My pa se oupa se ma se pa sê so het dit gebeur,

skaars must and don’t and would and won’t aan die boer was daar geen keer.

 

Die sweep het geklap en die wawiele draaiagter die rooi span aan.

Ons harte is swaar want die skeiding is daar van die plaas waar ons tuiste staan

Trek oor die vlakte en trek oor die rand, stadig nou briek aan draai

Hot agter! Haar agter! vat nou die wa,  geluk lê net om die draai!

 

Ingeburger lekker woon ‘n eeu of 2 daarna, provinsies en republiek geword in die hart van Afrika.

Ons bou ‘n land geslagte lank uit niks met sweet en bloed,

‘n reenboog nasie is ons nou en die comrades word gegroet!

 

Vat jou goed en trek Ferreira,vat jou goed en trek,

Agter die bos is ‘n klompie perde,vat jou goed en trek!

Swaar dra al aan die een kant ,swaar dra al aan die een kant,

Swaar dra al aan die een kant,vat jou goed en trek!

 

Amper 20 jaar daarna kyk ons rugby en drink bier,

dit gaan mos goed ons bloed is blou en die sokker was mos hier…..

Maar die voëls se vlerke word gewas en jou kaartjie word gevra,

want nog ‘n broer en nog ‘n neef is nou moeg vir Afrika….

 

Soos ons vadere vertrou het leer ook ons vertrou o Heer,

vir ons land en vir ons nasie, sal dit wel wees God regeer!!

 

Nog ‘n ouma, en ‘n ma, kyk foto’s op facebook

Met een vinger tik sy ‘n brief en vra  sussie wat sy soek.

Die kinders het so groot geword ken die kleingoed darem my,

‘yes mum, we keep on telling them,

you’re the granny wat in Afrika bly’

 

Vaarwel my eie soetelief,‘k moet ver, ver hier van daan.

Betreur my nie, my soetelief,dat ek so ver moet gaan. Ek sal jou nooit, nee nooit vergeet;

ek bly my soetlief trou. Waar ek op aarde ook swerwe moet,tog dink ek steeds aan jou.


DIE STORIE VAN WALLY MALAN                  Martiens Joubert

Hierdie is die storie van Wally Malan,

hy was ‘n beesboer buite Steenbokpan

Hy is daar gebore en het ook da gevry,

20 jaar gelede het hy so vir Sarie gekry

 

Sarie is sy hart se punt, Sarie het hom verstaan

Saam het hul 3 kindertjies, sommer so naby mekaar

Alles het so goed gegaan, die lewe was ‘n lied,

alles het so goed gegaan tot dominee hom kom sien.

 

‘n Lorrie van die myne het beheer verloor,

Sarie en die kinders kom nie meer terug van skool…

Wally kan toe nie meer praat, geen woorde kom weer uit.

Die lewe het vir hom geslaan en hy wou nie baklei.

 

Nou is dit Wally en sy klipdrift sy hond Boesman en sy twak,

elke liewe middag op die stoep onder die sinkdak.

En as jy hom sou gaan groet se hy: “Sarie is nie hier,

sy en die kinders, kom eers, net na vier.”

 

Die gemeente en sy vriende, die dorp en ook sy ma

Almal was bekommerd, maar niks het Wally gepla

Wally het nogsteeds geboer,daar is mos niks wat skort,

sy tollies het hy steeds verkoop, aan Pietslagter op die dorp.

 

Nou is dit Wally en sy klipdrift sy hond Boesman en sy twak,

elke liewe middag op die stoep onder die sinkdak.

En as jy hom sou gaan groet se hy: “Sarie is nie hier,

sy en die kinders, kom eers, net na vier.”

 

Somtyds lyk dit of hy weet, dan staar hy die verte in.

As jy mooi kyk sal jy sien, ‘n traan in sy oog blink.

Wally het dan sy kop geskud, geglimlag en gegroet,

terwyl hy vir jou waai, met sy kakiehoed.

 

Chorus…


WATERBERGDROME                 Martiens Joubert

Ek het my hart agtergelos in die Waterberg,

en begrawe onder ‘n boekenhoutboom.

Tussen riete by die vleiland langs ‘n waterstroom,

het my herrinnering van jou weggespoel.

 

As die son, sy kop uitsteek in  die oggend uur,

en die vinke skertsend raas by die rivier.

Sal jy my drome in ‘n streepsak  langs ‘n miershoop vind,

en soete tye daar sien wegwaai in die wind….

 

Chorus

 ….en as die kwêvoël roep, kan jy my maar kom soek,

waar die vaalbos blink terwyl dit skemer word,

waar die visarend skree,die kranse antwoord gee,

en die rietbok goudblink deur die vleiland skeur…

 

EK het my hart agtergelos in die Waterberg,

en begrawe onder ‘n boekenhoutboom.

Daar waar die mens met sy giere,

nog maar min kon pla…..

en die natuur van die mens so min vra.

 

Chorus

 ….en as die kwêvoël roep kan jy my maar kom soek,

waar die vaalbos blink terwyl dit skemer word,

waar die visarend skree,die kranse antwoord gee,

en die rietbok goudblink deur die vleiland skeur…

 

Ek glo eendag sal ek terugkeer na die boekenhout,

om met dit so deel van my weer een te word.

In die kloof weer te baljaar ,waar die bosvark skuil,

en met beestepaadjie na jou terug te kom.

 

Chorus……….fine……

Kalender
December 2017
S M T W T F S
« Apr    
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  
Juba nuus via e-pos