“As ek eendag ophou droom”

Skop uit jou skoene – Lirieke

BAKGATBOOGIE                               Martiens Joubert

 

Koor

Bakgatboogie kan ek jou nie soen nie,

dis ons “song” wat daar speel.

Bakgatboogie, het dit nie so bedoel nie

ek wil als met jou deel!

Bakgatboogie kan ek jou nie soen nie,

dis ons “song” wat daar speel.

Bakgatboogie, het dit nie so bedoel nie

ek wil als met jou deel, met jou deel!!

 

Ek maak hierdie jaar by “varsity” klaar,

maar het nog nie werk gekry.

Gaan miskien maar die Londen-ding-doen,

of moet ek hier by jou bly?

Dis jou “gap” jaar, jy wil gaan vaar

op ‘n skip oor die bloue see.

Dalk moet ons saam op kontiki gaan,

maar jou pa se toe mos nee!

 

KOOR…

 

Ses lang maande is nou al verby,

ek het toe hier gebly.

Jy het mos op ‘n skip gespring,

‘n “waitress” met ‘n goeie “pay”

In Brooklyn mall by ons “favourite jol”,

het ‘n Jukebox in die hoek gestaan.

Die “song” laat my weer aan jou dink,

en ek wonder hoe dit met jou gaan…?

 

KOOR… x2


 

 

BELOWE JOU                                  Martiens Joubert

 

Belowe jou ‘n ou plaashuis

met ‘n spens en ‘n perdestal,

‘n akkerboom in die voortuin,

op ons plasie ‘n waterval.

Vir die winter is daar ‘n kaggel,

wat die hele nag sal brand.

In die somer kan ons gaan vrugte pluk

in die boord daar by die dam.

 

Koor

Ek belowe die son , belowe die maan

ek belowe tot die dood sal ek by jou staan.

Jy’s my koffie in die oggenduur,

My glas wyn langs die kaggelvuur…

Ek belowe die son , belowe die maan,

ek belowe tot die dood sal ek by jou staan.

Jy’s my regterhand, ons huisverband,

sonder jou sal dit als vergaan…

 

Twee groot honde om mee bal te speel

al trap hul die houtvloer vuil,

en binnekort twee pienkvoete

wat ons snags so wakker huil.

En as jou ma sou siek word

kan sy by ons intrek…

solank jy net by die voorhek wag

as ek terugkom van die werk!

 

Koor…

 

Eendag as ons oud is,

op die stoep vir kleinkinders wag.

Al die foto’s net ‘n traan bring,

in jou oe so blink en sag.

Dan sien ek weer al die liefde en die deernis in jou oë…

het saam ook sewe sake sout geëet,vir dit als- maak ek weer so !

 

Koor…


 

 

BOER IN BETON                      Martiens Joubert

 

Elke dag dieselfde, elke dag hier by die werk

Elke Woensdag publunch, elke Sondag in die kerk.

‘n Botsing by Revonia, ek moet ‘n ompad kry,

kyk gou op jou GPS dan sms jy vir my…

 

Koor

Ek’s ‘n boer in beton

mis ‘n die trekker en ‘n mieliestronk.

Ek mis my pa se bakkie,

koffiefles en ‘n dieseldrom.

Ek’s ‘n boer in beton

en jy werk nog in Wesselsbron,

maar ek mis my Pa se bakkie,

koffiefles en ‘n dieseldrom.

 

Die IT job verveel my, vier jaar daarvoor studier.

My pa sê daar’s nie geld nie, daarom moes ek hard leer.

Met aftershave, gecollar en ge-‘tie’, sal jy dink ek’s van die stad,

maar elke Vrydagmiddag, wil ek net die grondpad vat!

 

Koor…

 

Gee my Karoo vrede, Kamdeboo en die Drostdy

Ek leef in  die verlede, die plaas en ek en jy…

Mis die waterstroompie, daar waar die apies bly.

Mis die moerbeikoelte,en ek mis die donkie ry!

 

Koor…

 

…ek mis my pa se bakkie,en ons plaas buite Standerton.


BOTTERBEKKIE                                    Matriens Joubert

Kom sit gou hier by my,dat ek jou kan sê,

waarom ek jou so lief kan hê-

as jou oë soos lichiepitte vir my staar.

Die vonkel in jou oë as jy met my praat,

die frons op jou voorkop as jy vra vir raad,

maak my broos diep hier binne want jy’s geleen.

 

Koor

Kom laat ons tiekiedraai en skoppelmaai,

terwyl jy skaterlag as ek jou so swaai,

met jou bruin blinke ogies as jy harte steel,

van jou en jou sprankel kry ek nooit te veel-

ja ek wil elke dag vir jou vashou,

en ek wil daar wees as jy eendag trou,               

want jy’s my botter-bekkie meisiekind.

 

Jy’s my sonstraal op ‘n somersdag,

my môrester op ‘n wintersnag…

My eie botter-bekkie meisiekind.

Die tyd vlieg so vinnig en jy word so groot,

onthou soos gister jou hier op my skoot-

my eie botter-bekkie meisiekind!

 

Koor…

 

Die tyd gaan kom vir jou eie pad,

‘n jongman aan jou hand kom vat,

maar jy’s my botter-bekkie meisiekind.

Jou glimlag sal ek bêre in ‘n fotoraam,

jou sprankel vat ek altyd saam,

want jy’s my botter-bekkie meisiekind!

 

 Koor…fine


LIEWE MANDELA– Martiens Joubert

Dis ‘n warm middag op my oom se plaas, die stof wat hang en ‘n trekker wat raas

die kraaie gaap want die reen bly weg, my oom krap kop, want dinge lyk sleg

Luister soms na RSG, die sein is die beste op 102…

Werk is skaars en myne staak, gaan Julius in die tronk moet slaap?

Nog ‘n komplot -oopgevlek, nog meer skandes uitgelek!

Al verskil ons kultuur en taal, hoekom moet kinders daarvoor betaal?

 

Koor

Liewe Mandela,sê net vir Malema,

die boere gaan in Afrika bly,

Liewe Mandela , sê net vir Malema

Die land is vir jou en my!

 

Voel jy deel van ‘n vreemde land, is gras groener aan die anderkant?

Wat sê jy vir jou kinders tuis? Noem jy Australie al jou huis?

Kameeldoringhout en potjiekos, kan jy nie bestel deur die pos.

Mis jy Loftus en ‘n lekker braai , jou hond Boesman en jou ma se slaai?

Kan ons nie mekaar net respekteer, en bietjie,bietjie by mekaar ook leer

Staan net saam en hou op kla, ons vir jou Suid-Afrika!

 

 

KOOR…

 

My storie is nou amper klaar, die boerewors nou amper gaar,

gaan ons saam ‘n toekoms bou, of gaan ons nog meer grafte grou?

Van sit en staan kom niks gedaan, as eenheid moet ons weer saamstaan.

In my land gaan ek bly, biltong eet en gautrein ry…

Ons kan praat en baie dink, koerante lees en rooiwyn drink

het geen antwoord, maar ek weet Afrika sal ek nooit vergeet!

 


 

 GEBED VAN ‘N BOER               Martiens Joubert

Vroeg in die more op die stoep ,met ‘n boeretroos in sy hand,

sit hy en wag vir die mooiste dag met die lig aan die oostekant.

Die wonderwerk word oopgevlek met strale oor veld en vlei,

met ligpienkwatte bo die potblouberg besef hy,

dis God se skildery.

 

Met sy kakiebroek en sy Pa se hoed trap hy nat spore in die veld,

en ‘n nuwe kalf van gisteraand roep sy ma vir ‘n bietjie melk.

Hy hoor die voëls wat skertsend raas in die riete daar by die dam,

en ‘n jong skaapooi wat aanhoudend blêr ,want sy soek alweer haar lam.

 

Koor

Al ry hy net ‘n bakkie en die sinkdam lek alweer,

en ‘n plaasverband soos ‘n donkerwolk die lig van sy plaas wegkeer.

Al dra hy graag sy vellies en sy buurman moes toe trek…

Sal hy maar net sy bes probeer en aan God se skildery werk.

 

Hy word geteiken en gedaag as ‘n man wat aan gister klou,

Dan voel hy ook nog baie sterk oor sy hond, geweer en vrou.

Maar as jy ooit probleme het kan jy hom gerus maar bel,

met ‘n ketting ,tang en stukkie draad sal hy sê:”ek kom ou pel!”

 

Koor…

 

Hoor jy hom ook saggies bid vir ons land en volk en taal,

hy bid ook vir die vyand,want die Heer het so gevra.

Net voor hy Amen sê,sê hy dankie liewe Heer,

vir die gawe om U skildery verder te kan inkleur!

 

Koor…


HOEVEEL NOG            –             Martiens Joubert

Hoeveel lewens moet ons nog verloor?

Hoeveel vriende moet hul nog vermoor?

Hoeveel grafte gaan ons nog moet grou?

Hoeveel dogters gaan nog vrouwees berou?

Hoeveel familie gaan nog landuit vlug?

Hoeveel Oumas hoop hul kleinkind kom weer terug?

Hoeveel bloed moet nog in ons strate vloei?

Voor ons begin saamstaan en as eenheid weer groei…

 

Koor

Uit Magoebaskloof kom ‘n boer hier aan,

vanaf Pietersburg kom wit kruise saam…

Daar’s ‘n man op ‘n perd uit die Wes-Transvaal,

en ‘n Ma met twee dogters van Pretoria.

Op die horison drom die mense saam,

geklee in wit ,ek wil nader gaan!!

Met ‘n glimlag groet ou Pottie my….en ‘n engel se hulle is “okay”…

 

Jy’s ‘n sonnestraal ,jy’s ‘n Afrikakind,

jy ken die somermotreen,jy ken die Augustuswind.

Jy hoor net kinderlggies en ‘n moederhart wat huil.

Jy speel graag in die rooigrond,al word jou kleretjies vuil.

Ek weet my liewe kind jy ken geen ander land,

jy ken die Kaapse suidkus,jy ken Kalaharisand.

Jy ken ‘n bosveldloerie en ‘n kampvuur verhaal,

met bloed het voorvaders vir ons erfreg betaal!

 

Koor

Uit Magoebaskloof kom ‘n boer hier aan,

vanaf Pietersburg kom wit kruise saam…

Daar’s ‘n man op ‘n perd uit die Wes-Transvaal,

en ‘n Ma met twee dogters van Pretoria.

Op die horison drom die mense saam,

geklee in wit ,ek wil nader gaan!

Met ‘n glimlag groet ou Pottie my…                                     

en ‘n engel sê hulle is nou vry…

 


 

MY BROER MY BRA!                            Martiens Joubert                                                     

Die tenk is half en die ratkas kalf,

maar ek maak of ek niks weet.

As die nuus begin hou ek net aan sing,

Kumbaya ,want hier kom ‘n ding!

 

By die SARS kantoor so het ek gehoor,

Trevor het gesê die stryd is verloor.

Die “tax” wat jy so getrou betaal,

word gebruik om cosatu te onthaal!

 

Koor

Ek wil net sê:”My broer ,my bra,

die wiele kom af in Afrika!

Op jou “rims” gaan jy ry,en ‘n “slow punch” kry,      

gaan jy gly of saam met my hier bly?!”

Ek wil net sê:”My broer ,my bra,

die wiele kom af in Afrika!

Op jou “rims” gaan jy ry,en ‘n “slow punch” kry,      

gaan jy gly of saam met my hier bly?!”

 

Ek moet self die sypaadjie vee,

My pel hou vol om vir die Lions te skree!

“Kill a boer ,kill a farmer?!”Hy’t nooit geleer…

Wat het nouweer by Bloedrivier gebeur?!!

 

My Sussie wil Australie toe trek,

haar man kan daar in die myne werk.

Die asblikke loop oor,en die dienste suig,

het ‘n ‘pothole’ getref en my ‘chassi’ gebuig!

 

 Koor

 

Nou vra ek jou dink jy dis te laat

Siener het gesê dit gaan nog donker raak,

maar elke wolk het ‘n silwer rand,

en dis vasbyttyd in my vaderland!

 

Koor……fine


 

NET EEN DAG                      Martiens Joubert

In die “song” sing ek van baby

In die “son”g sing ek van jou,

maar jy was mos net my bokkie

in my arms toegevou

So is jare saam met jou ook nou verby.

 

Elke soen was soos ons eerste,

elke drukkie so verewig,

elke “chocolate” op my kussing

vir ‘n sms gelewe,

so is jare saam met jou ook nou verby.

 

Koor

Ek wil weer een dag in jou bruin oë kyk,

ek wil weer sien hoe ‘n “jean” aan jou lyk.

Net vir een dag alles rondom ons verdwyn…

Terwyl jy swot net sommer langs jou lê,

net vir een dag wil ek ons terughê,

net vir een dag alles rondom ons verdwyn…

 

Elke “drink” daar by Maloney’s

Elke saamry tot by jou huis

Elke oggend in die “traffic”,

eerste klas was altyd hectic”

so is jare saam met jou ook nou verby.

 

Al daai woorde was onnodig

Al die “issues” net oorbodig

As ek daai dag daar gebly het,

sou jy nogsteeds gery het?

So is jare saam met jou ook nou verby.

 

Koor…

 

Daai eerste keer, jy glimlag skaam

Geluk vasgevang in ‘n fotoraam,

dae en nagte saam met jou gewees.

 

Koor…

 


ONCE UPON A TIME                                      Martiens Joubert

Once upon a time that’s where it all began

Reagan was alive and Brad Pitt still very young.

Once upon a time the war was won,

it’s all over the fat lady has sung,

Bin Laden’s gone and Sadam got hung!

 

Once upon a time the Pope was a mighty man.

Catholics fight and the IRA got banned.

Once upon a time it was a wealthy land,

Rhodesia’s gone Mugabe took a stand-

Starvation came ,farmers left their land!

 

Chorus

It’s a long, long road and I’m feeling cold without you

It’s a quiet place a lonely race without you

But my life’s in a bag  and my eyes on the road

to a peaceful place have I been told

and the morning will be alone without you…

 

Once upon a time the world was a better place.

Once upon a time we use to live in God’s grace.

Once upon a time we use to smile,

and kiss at the movies for a while

but nothing, ever, stays the same…

 

Chorus…

 

Once upon a time everything was about you.

Once upon a time everything you said was true.

Once upon a time you told a lie,

Once upon a time you made me cry,

Once upon a time I said goodbye…!

 

 Chorus…


 

OUPA                                          Martiens Joubert

Oupa ek onthou nog daardie dae,

toe ek klein was, het Oupa my gedra.

Oupa,die kuiers op die plaas,

en skemer, moes die skape kraal toe gaan.

Elke oggend, vroeg koffie geskink,

Oupa het dan altyd , dikmelk gedrink.

Saam het ons dan die kalfies gaan voer,

ek het mos altyd vir Jan, die bul geloer.

 

Koor

Oupa hierdie liedjie’s net vir jou,

Oupa ,omdat ek so van jou hou,

Oupa ,en ek het so baie vrae,

waar’s die hemel, wie gaan Oupa soontoe dra?

 

Oupa om die kampvuur is dit stil,

mis jou stories, en lemoene wat jy skil.

Oupa, dis ‘n jakkals wat daar huil,

en ek wonder, wat hy sê en waar hy skuil?

 

Koor…

 

Daar’s nog so baie wat ek Oupa wou sê,

en wat ek graag vir Kersfees wil hê.

Ek blaai deur die album om kiekies te kyk,

almal het gesê,dat ek soos Oupa lyk…

 

Oupa waarom moes jy nou al gaan,

Oupa, by jou graf  – dis waar ek staan.

Met blomme, sodat jy net sal onthou,

ek is baie,ek is altyd lief vir jou.


SKOP UIT JOU SKOENE           Martiens Joubert

Die vure brand by Oom Paul se skuur

Hy’t klaar gestroop en ons moet dit vier!

Daar’s vark en skaap op die spit gebraai,

die hele kontrei kom maak ‘n draai.

Groenvlei se manne het die drank gereël,

daar’s iets van als, maar nie te veel.

Die Dameskring het die slaai gebring,

die pap is gaar, waar’s die sous my ding?

 

KOOR

Skop uit jou skoene, trek uit jou baadjie

Ek’s op die dansvloer,maak nog ‘n draai’tjie

Wat van ‘n walsie of ‘n setiesie

Gee my jou hand ja,jy’t niks te vrees nie !

 

Die meel lê wit op die skuur se vloer,

die dansorkes kom van Ermelo.

Dit skoffel en draai in die stof jy weet,

die oues wil gaan lê, want daar’s klaar geëet.

Katryntjie het ‘n vrou geword,

wil by Potch gaan swot, vier jaar is mos kort.

Die ys is op, die “punch” die skop,

Kom ons maak ‘n draai,kom ons maak lawaai!

 

KOOR…

 

Kom ons “twist” kom ons “boogie” kom ons “rock en roll”!

Kom ons sokkie ek kan “two step” dis ‘n lekker jol!

Dis ‘n boeredans, dis jou laaste kans,

ons skree balke toe,hier by Waenhuiskrans!

 

KOOR……….fine


 

STEEK OP JOU HAND    –    Martiens Joubert

 Koor

   Steek op jou hand vir liefde-

   Steek op jou hand ook vir hoop-

   Steek op jou hand vir ‘n beter lewe,

   sodat ander weer kan glo!

   Steek op jou hand vir genade,

   alleen ‘n geskenk van bo,

   sodat ons besef dat liefde , ander weer in hoop laat glo!

 

Jou lewe is ‘n renbaan,dit maak jou benoud en bang,

wat is die sin in menswens ,wat’s die doel van my bestaan?

Die lewe is onseker,is dit die einde of begin,

wie is die lig en lewe,aan wie moet ons hulde bring?

 

Hoe lyk jou dag van môre,is dit ook , soms grys en vaal,

Dit voel of als te veel  word,waar kom hulp vandaan?

Jou hulp kom van die Here ,want  Sy Seun het ons vry             gekoop

Hy kom ons aan die hande vat met Sy liefde en Sy hoop.

 Koor…

 

Ons kan nou almal nader, aan Sy troon begin beweeg,

al jou skuld en foute, sal voor Hom niks weeg.

Die pad tot by die Vader ,is deur Jesus Sy eie seun ,

die Gees is ons Vertrooster ,loof die Heer,net Hom alleen!

 

Koor…


 TIEN UIT TIEN              Martiens Joubert                                                                 

Bring jou tas en los jou das, ek wil jou die bos gaan wys.

Met ‘n padkaart en ‘n kamera,gaan ons twee die land deurkruis.

Al kan my tjor nie vinnig ry,en die opdraende lê nog  voor,

moet jy net weet,hier by jou, het ek lankal my hart verloor.

 

Koor…

Jy’s tien uit tien en jy sal sien hoe ek jou op die hande dra,Soos Romeo op my een knie staan,en vir jou vir die ja-woord vra.Dan sal ek jou ook styfvas hou,as jy vir my jou heupies swaai,Jy’s tien uit tien en jy sal sien ,jy’s vir my en ek “like” jou kwaai!

ʼn Gasbraai en ʼn tweeman tent,is al wat jy nodig het,

gesellig saam hier innibos ,nou begin al die pret.

Jys Kiepie en ek is Kandas en jou Pa is gelukkig  ver,

Maar net ek en jy en my ou rooi tjor sê hallo vir die morester.

Koor…

 

En as daar ooit ʼn storm kom en ons paaie dalk moet skei,

Sal ek nooit weer so lief kan he,want jy het my hart gekry!

Vandag is hier en more kom,maar gister is verby…

So gryp die dag nou saam met my,ons is jonk en ons is vry!!

 

Koor…       


VADER TYD                Martiens Joubert

Ons twee was soos duifies op die bankie op jul stoep,

en het altyd gespartel as jou ma vir ons twee roep.

Die koffie was maar bitter,en die koekies was nooit gaar,

maar my hart klop sommer “chocolates” as jy so in my oë staar.

 

Koor

Draai maar terug die lang swart wyser, tot ek weer in jou oë kan kyk,

op die randjie by die kampus, vir jou wys hoe die liggies lyk.

Al verander die geboue en die straatname klink vreemd,

sal herinneringe en liefde tussen my en jou bly leef.

 

ʼn Roomys by die “roadhouse”,of ʼn fliek daar by die “mall”,

ʼn piekniek by die stroompie , laaste dans by die bokjol.

Dis geskrywe op ons menswees, dis ʼn deel van ons bestaan,

en al maak ons paaie draaie, sal ons drome nooit vergaan.

 

Koor…

 

Dit is nou baie jare tussen ons en daai bloekomboom,

en daar is ook baie stasies tussen treine wat kon stoom.

Dorpies word verlate,en die strate stil en leeg,

soos n posduif sal my liefde tot by jou in die vreemde sweef…

 

Koor…


 

 VEERBOOT IN PARYS                  Martiens Joubert          

Dis die laaste een maak vol met ys,

nog ”customers” word weggewys.

Die kroegman het my opgetop,

hy sien ek verdien nog ‘n dop.

 

Jare terug het jy weggegaan,

vandag sien ek jou hier voor my staan.

Nog net so mooi,nog net so skraal,

maar jou oë is dof en jou hare vaal…

 

Koor

Wens ons klink weer ‘n glasie,op ‘n veerboot in Parys.

Jy hoef niks te sê nie ,kom net saam dat ek jou wys…

Al mag ek nie aan jou raak nie,dit maak ook nie meer saak nie!

Tyd se uurglas het uitgeloop,by die Eiffeltoring,gaan ek ‘n poskaart koop…

 

Hoe gaan dit nog,ek kan nie kla

Onthou jy nog toe ek jou vra?

jou oëvol trane,jy sê toe nee,

my wêreld was toe baie leeg.

 

So spyt jy het ‘n fout gemaak,

maar maak dit regtig vandag nog saak…

jou Prins het toe ‘n padda geword,

jy mis my drukkies en my ou blou ford.

 

Koor… x 2


WARMBAD VEILINGSKRAAL         Martiens Joubert

Dis veiling hier op Warmbad

en almal is mos daar.

Die boere bring ‘n bees of twee

‘n skaap en ‘n ploegskaar…

Dis meer as net maar besigheid

of ‘n haar afspraak vir ma,

ou Neil moet al die kopers reël,maar hy gaan komissie         vra!

 

Voor die tyd sal die mans gesels en vra dan oor die reën?

By Dries het alles weggespoel maar almal is dit eens.

Liefs te veel as te min het almal maar besluit,

en stap dan na die VLU vir koffie en beskuit…

 

KOOR

Warmbad veilings kraal

die hoogste bot word hier behaal,

van Rankin’s Pass tot Bronkhorstspruit

kom die boere loer hoe die kalwers lyk!

Die beeste bulk, en die skape blêr,

en die Anti wil nou ry want hul kom van ver,

as jou vinger lig sal jy moet betaal-

by Warmbad veilingskraal!

 

Die vetkoek het tant Mien gemaak

jy sal dit nêrens kry,

met moskonfyt of makataan

en ‘n koppie tee daarby.

Terwyl almal nou nader staan

want die veiling moet begin,

soen oom Chris die tannies een vir een,

”want jy groet mos so my kind…”

 

Voorrie tyd sal die mans gesels en vra dan oor die reën?

By Dries het alles weggespoel maar almal is dit eens.

Liefs te veel as te min het almal maar besluit,

en stap dan na die VLU vir koffie en beskuit….

 

KOOR…

 

Ou Zwei wil al die verse koop

maar oom Gert soek ook ‘n paar,

nou jaag hul die prys die hoogte in

die manne moet bedaar…

Oom Koot se stem is hees geskree

wie gaan die verse kry?

Klein Daan het sy eie vers gebring,

hy staan by die trok en vry…

 

Die pryse kook, die bloeddruk ook by die veiling hier vandag.

Al die vee is opgeveil ,die manne kan weer lag.

Die transport word ook gou gereël,

klein Daan kan amper ry,

maar die beeste word nou eers gelaai

en niks mag agter bly…

 

KOOR…

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                                                            

 

 

 

 

 

Kalender
December 2017
S M T W T F S
« Apr    
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  
Juba nuus via e-pos